|
Blue Daisy kan aan u 'n paar voorgestelde roetes en eindbestemmings
verskaf asook 'n roete saamstel volgens u eie behoeftes.
'n Spesifieke behoefte bepaling word gedoen oor die doel en tydsduur
van die funksie, waarvolgens ons kan bepaal of dit 'n oggend/middag
of dag uitstappie sal wees of selfs meer as een dag en aand op die
trein met akkommodasie. Ons het 'n goeie ooreenkoms met verskeie
bestemmings vir konferensie fasiliteite, etes en selfs akkommodasie.
ALGEMEEN
Blue Daisy Treine sluit altyd 'n DJ op die trein in wanneer 'n danswa
deel van die samestelling is, en ons verskaf ook ten alle tye 'n
kontant kroeg op die trein. Indien u graag 'n orkes van spesifieke
aard wil hê in die danswa, sal ons u additioneel daarvoor kwoteer.
BESTEMMINGS
Die mees algemene vertrekpunt is Kaapstad Stasie, ander alternatiewe
vertrek punte kan gereël word bv. Bellville en Stellenbosch. Ons
mees populêre bestemmings is as volg:
· Darling - Evita se Perron
· Vredendal (Rittelfees)
· Matjiesfontein (Lord Milner Hotel en Motor Museum )
· Botrivier · Houw Hoek Inn
· Worcester - KWV Brandewyn Kelder
· Worcester - Kleinplasie Opelug Museum
· Ongegund Lodge en Konferensie Sentrum
· Mola - De Tolhuis
· Elgin/Grabouw Country Club
SPANBOU
Blue
Daisy is die eerste maatskappy wat in samewerking met Affordable
Adventures 'n unieke "Hollywood Trein" aanbied. Tydens die rit word
u groep in spanne opgedeel wat elk hul eie kameras, pruike, maskers
en vele toerusting kry. Nadat die spanne elk hul eie "fliek" geskryf
en die rolverdeling gedoen het, word dit werklik opgeneem. By die
bestemming geniet die groep middag of aandete waarna hulle "'n aand
by die Oscars" bywoon. Elke groep se fliek word vertoon en selfs
pryse en "Oscars" word uitgedeel vir die beste akteurs… Hierdie
is een van die opwindenste en prettigste treine ooit!
|